De Wet De Villiers bring die plaas stad toe… Verseker!

Indien u onlangs ‘n draai by die @Office-gebou op die hoek van Brink- en Kockstraat gemaak het sou u gesien het dat daar verskeie groot potte met lemoenbome in by hierdie gebou staan.

Hierdie is ‘n inisiatief van De Wet De Villiers Makelaars om ‘n bietjie plaas na ons stad toe te bring en sodoende ook die historiese glorie van Rustenburg se lemoengeskiedenis te laat herleef.